Local newsNews

ATKV Kosmosrand se vroue-tak maak kinderharte bly

Groot en klein geniet Kerspartytjie.

Die ATKV Kosmosrand se vroue-tak het Maandag, 4 Desember kinders wat in pleegsorg is, met ’n Kerspartytjie en geskenke bederf.

Lede van die vroue-tak het van mnr. Doug en me. Cecele Kelly gehoor wat op ’n plaas buite Leandra bly en 15 kinders grootmaak op mnr. Kelly se pensioen en me. Kelly se onderwyssalaris.

“Dit het ons harte aangeraak en ons het besluit om hulle te ondersteun,” het me. Tracey van Wyk, voorsitter van die ATKV Kosmosrand se vroue-tak, gesê.

Twee seuntjies maak hul geskenke oop tydens die ATKV Kosmosrand vroue-tak se uitreikaksie Maandag, 4 Desember.
’n Dogtertjie wys haar geskenk vir me. Cecele Kelly.
Lede van die ATKV Kosmosrand se vroue-tak wat die uitreikprojek na ‘n pleeghuis op Leandra ondersteun, is Simoné Boshoff, me. Lorraine Boshoff, me. Magon Mouton (ATKV se streekskoördineerder), mnr. Doug en me. Cecele Kelly (pleegouers), me. Tracey van Wyk, me. Hester Schwartz, me. Yolandi Ferreira en Lané Ferreira.

Hulle het geskenkpakkies met lekkergoed, toiletware en ’n unieke geskenk vir elke kind uitgedeel.

Elke kind het klere en skoene gekry en me. Kelly se spens is ook opgevul.

Lede van die ATKV Kosmosrand se vroue-tak wat die uitreikprojek na ‘n pleeghuis op Leandra ondersteun, is Simoné Boshoff, me. Lorraine Boshoff, me. Magon Mouton (ATKV se streekskoördineerder), mnr. Doug en me. Cecele Kelly (pleegouers), me. Tracey van Wyk, me. Hester Schwartz, me. Yolandi Ferreira en Lané Ferreira.

Die ATKV beplan om dié pleeghuis deurlopend te ondersteun en sal in die nuwe jaar nog projekte daar aanpak.

Me. Magon Mouton, ATKV se streekskoördineerder, het saam met die ATKV-vroue die pleeghuis se Kerspartytjie bygewoon.

Vir meer inligting, skakel me. Van Wyk by 074 103 6381.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button