AfriForum se Teks Buurtwag wat op Trichardt, Evander, Kinross en Secunda gevestig is, het Saterdag, 2 Desember aan ’n nasionale massapatrollie deelgeneem.
Die doel was om sigbaarheid van die veiligheidstruktuur binne die gemeenskap te verhoog en bewusmaking aan te moedig.
Sowat 28 patrolleerders in 26 voertuie het bykans 2 330km afgelê en ER24 en mnr. Brad Blake, kapelaan van Emergency Services Chaplaincy South Africa, was op bystand.
Mnr. Nico Venter, voorsitter van AfriForum se tak op Secunda, het gesê: “Ons patrollielede ontvang gereeld opleiding sodat hulle bevoeg is om bystand te bied waar dit nodig is en sodat hulle oor die nodige kennis beskik om altyd binne die raamwerk van die wet op te tree.”
Mnr. Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mpumalanga, het al die lede wat patrollie gedoen het, bedank vir die tyd wat hulle opgeoffer het om ’n verskil in die gemeenskap te maak en die veiligheid van inwoners te bevorder.
As jy by AfriForum Buurtwag betrokke wil raak, SMS “Buurtwag” na 45340.
’n SMS kos R1.
Vir meer inligting, besoek die tak se blad op Facebook of skakel mnr. Bekker by 081 217 6091.


