
Twee verdagtes, waaronder een ‘n vrou is, het die hekwag by Silwerjare Ouetehuis in Bethal omstreeks 10 nm op 21 Desember genader en toegang tot die perseel gevra.
Volgens inligting van die whatsapp-groep Bethal CPF1 het die wag geweier waarna die rowers ‘n wapen op hom gerig het.
Die verdagtes was deeglik in hulle optrede en het geweet waar die sleutels en die beste kamers om te teiken is.
Twee mense by die tehuis is aangerand. Daar was geen ernstige beserings of verlies van lewe nie.
Tv stelle en ander items is gesteel.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.


