
’n Saak van veediefstal word ondersoek nadat 38 skape Sondagnag van mnr. Wikus Cloete se plaas, Smithfield gesteel is.
Mnr. Cloete het Maandagoggend teruggekom vanaf Nelspruit en ’n skaap in die pad gesien wat hy geëin het as een van sy kudde.
Hy het die hulp van twee mede-boere ingeroep en hulle het die spoor gevat.
Die skaapdiewe het drade van verskeie plase laat sak en die skape deur die nag deur plantasies in die rigting van Lothair 30km ver tot by ’n kloof naby Silindele woongebied aangejaag waar hulle die skape van kant gemaak het en begin slag het.
Hulle is op heterdaad betrap terwyl hulle die skape geslag het, maar het weggehardloop.
38 dooie skape is op die toneel gevind.
Die polisie is na die toneel ontbied.



