Inwoners van Bethal en Kinross kla al vir maande oor die toestand van die vullisterreine op dié twee dorpe.
AfriForum het einde November briewe aan Govan Mbeki Munisipaliteit oorhandig en gevra dat die munisipaliteit Kinross se vullisterrein toemaak omdat die pad daarheen bykans onbegaanbaar is.
Papiere waai oral rond en land op omliggende boere se plase waar dit ’n gesondheidsrisiko vir hul vee inhou.
Kinross-inwoners het ’n petisie geteken oor die vullisterrein se swak toestand en die vullis wat gebrand word.
Hulle het gesê hulle asem die rook in.
AfriForum het die vullisterrein op Bethal in 2016 besoek en ’n verslag geskryf.
Volgens mnr. Hennie Bekker, AfriForum se streekkoördineerder vir Mpumalanga, het die toestand van die vullisterrein daarna verbeter, maar dit het weer agteruit begin gaan.
Daar was glo ’n onderonsie oor betaling tussen die munisipaliteit en die diensverskaffer en nou stort mense hul vullis langs die pad.
Die koerant het die munisipale bestuurder, mnr. Thisha Mhlanga, vir kommentaar genader, maar hy het teen druktyd nog nie reageer nie.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.







