CrimeNews

VIDEO: Egpaar slaap deur huisbraak op plaas in Standerton-distrik

Volgens die boer het hy en sy vrou die volgende oggend opgestaan met ’n na-narkose, dowwe, dik gevoel en branderige oë.

Verdagtes is in die vroeë oggendure op kringtelevisie vasgevang rondsluip op ’n plaaswerf in die Standerton-distrik.

Die egpaar het onraad vermoed nadat hulle die deur waar ingebreek is gesien het en beeldmateriaal op kringtelevisie nagegaan het.

Daar word vermoed dat ’n onbekende middel ook by een van die huis se vensters ingespuit was.

’n Blou bottel wyn met ’n Standard Bank logo (versamelstuk), koperornamente asook ’n messestel in ’n silwer tassie en ’n kragopwekker is gebuit.

Volgens die boer het hy en sy vrou die volgende oggend opgestaan met ’n na-narkose, dowwe, dik gevoel en branderige oë.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button