MunicipalNews

Kiosk by kruising van Kerk- en Smutstraat brand in reën

Die noodsentrum se telefoon het net gelui toe die Hoëvelder gebel ten tye van die brand.

’n Kiosk by die kruising van Kerk- en Smutstraat het Vrydagaand, 29 Januarie in die reën vlamgevat en uitgebrand.

Die kiosk is intussen herstel en geverf.

Die noodsentrum se telefoon het net gelui toe die Hoëvelder gebel ten tye van die brand.

Navrae wat verlede Maandag aan die munisipaliteit oor die herstel van beskadigde kiosks en substasies in die algemeen gerig is, is teen vandeesweek Maandag nog nie beantwoord nie.

Die Hoëvelder het ook navraag gedoen oor hulle belofte om ’n kontrakteur aan te stel wat die herstelwerk gaan doen, maar het geen terugvoering ontvang nie.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button