Die swembadgrootte slaggate op Morgenzon besorg inwoners en sakelui groot kommer en wie verantwoordelik is om dit te herstel, is steeds onduidelik.
Volgens ’n e-pos van die Departement van Openbare Werke en Vervoer is dié spesifieke gedeelte die Lekwa Munisipaliteit se verantwoordelikheid.
SIEN VIDEO HIER: Morgenzon se paaie jaag inwoners die harnas in
Me. Thobeka Mtshiselwa, woordvoerder van die munisipaleit, het gesê dat Steynstraat, die hoofpad waar die R39 aansluit na Ermelo en De Jagerstraat na Amersfoort, die verantwoordelikheid van die departement is.
Sy het ook gesê dat hulle met min hulpbronne probeer help om sand en gruis in die enorme slaggate te gooi hoewel dit nie Lekwa se verantwoordelikheid is nie.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.



