CrimeNews

Bejaarde vroue ingeloop oor ‘te koop’-bordjie op die hek

Me. Visagie het die geld onder ’n gehekelde lappie in die kamer versteek.

Twee bejaarde vroue, me. May Visagie (77) en me. Maria Botha (81) asook ’n vriendin van me. Visagie, is op 25 Januarie besteel van kontant en ’n selfoon na ’n paartjie hulle as huiskopers voorgedoen het.

Me. Visagie het gesê sy was in haar kamer doenig om haar huiswerker se salaris uit te tel toe me. Botha haar geroep het na ’n geklop aan die deur.

Me. Visagie het die geld onder ’n gehekelde lappie in die kamer versteek.

Me. Botha en die vriendin was op dié stadium in die kombuis aan die gesels.

Lees ook hier:  Drie in hegtenis geneem na huisroof

Volgens me. Visagie het sy na die voordeur gegaan waar sy die man en vrou gegroet het, onder die indruk dat dit die koper was wat reeds in die proses is om die huis te koop.

Nadat sy die veiligheidsdeur oopgesluit het, is die baie netjies aangetrekte vrou, met swart hare met strepies in, verby haar en die huis binne na die kamers.

Die man het land en sand met me. Visagie gesels en by die vroue in die kombuis aangesluit, waar die selfoon moontlik gebuit is.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button