CrimeNews

Ma en oupa smeek gemeenskap om nie dogter te help met dwelmgeld nie

Die rede hiervoor is dat Christine en die man saam met wie sy rondbeweeg van dorp na dorp, Jaco Groenewald, albei aan dwelms verslaaf is.

Christine Fourie se ma, me. Lilianne Fourie en haar oupa, mnr. Frans Fourie, vra die Standerton-gemeenskap om haar nie met geld te help nie.

Die jong meisie het die afgelope twee weke by die Eerste Nasionale Bank-kruising met ’n hartseerverhaal op ’n bordjie, vir geld gebedel.

Die bordjie lui:

“ATENTION!

If you were in my shoes will you open your hearts to help me!

Or will you shut your windows, look away and drive off.

All I ask for is any small donations for food or clothes

Thank you! God bless.”

Jaco Groenewald wat saam Christine Fourie is. Foto verskaf.

Christine en die man saam met wie sy rondbeweeg van dorp na dorp, Jaco Groenewald, is albei aan dwelms verslaaf.

Die Fourie-familie wil eerder sien dat Christine die nodige hulp kry, maar sy is blykbaar baie verknog aan dié man.

Sy kriminele rekord sluit verkragting asook diefstal in.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button