CrimeNews

Vrou staan bont met aanvallers in die huis

Sy was onseker vanwaar die ander booswigte hulle verskyning gemaak het en al wat sy kon onthou, is dat een skurk sy wapen te voorskyn gehaal het.

Ses gewapende mans het vroegoggend op 26 Januarie ’n Isuzu-bakkie uit ’n motorhuis in Bergstraat op Standerton gesteel na die vrou gedreig is met ’n vuurwapen teen haar kop.

Die bakkie is op 27 Januarie in Kathelong opgespoor volgens die eienaar mnr. Sihle Msweli.

Volgens me. Nomcebo Dlamini het sy omstreeks 10nm by die meenthuis aangekom en is na die bure waar sy die sleutel gekry het.

Me. Dlamini en mnr. Msweli tref gewoonlik sodanige reëlings met die buurman.

Sy het die woonstel ingegaan, maar omstreeks 11.30nm na ’n ander buurvrou gegaan om medisyne te vra want sy het olik gevoel.

Haar buurvrou het die buitelig om veiligheidsredes aangeskakel vir haar skaars agt-meter-lange terugkeer.

Me. Dlamini het gesê dat toe sy by die voordeur aangekom het, twee mans haar ingewag en gedwing het om die deur oop te sluit.

Sy was onseker vanwaar die ander booswigte hulle verskyning gemaak het en al wat sy kon onthou, is dat een skurk sy ’n wapen te voorskyn gehaal het.

 

 

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button