18 maande oue seuntjie moet vir operasie gaan om neuroblastoomkanker uit te sny
Dié kanker kom in die senuweestelstel voor en is in JE se buik.

Jan Ernst (JE) Kruger is 18 maande oud en is in September met neuroblastoomkanker gediagnoseer.
Hy het reeds verskeie chemosessies agter die rug en word op 15 of 19 Februarie geopereer wanneer dokters die kanker gaan uitsny.
As ’n mens nie weet JE het kanker nie, sal jy dit nooit sê nie, want dié seuntjie glimlag die heeltyd en loop en speel soos enige ander seuntjie van sy ouderdom.
As ’n mens egter die heeltyd by hom is, kan jy sien dat die kanker sy tol op sy liggaampie eis.
Sy ma, me. Mandie Kruger, het ’n moeilike swangerskap gehad toe sy swanger met hom was.
Toe sy hom vir sy 12 maande inspuiting geneem en aartjies op sy bobene gesien het, het sy hom dadelik na die dokter geneem.
Lees die volledige artikel in die Ridge Times koerant op ons webtuiste hier.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.




