CrimeNews

Telkom-kabels van miljoene rande teruggekry danksy Standerton Polisie

Dit is die tweede kabeldiefstal wat in twee dae by die Standerton Polisiestasie aangemeld is.

Standerton Polisie het op 15 Februarie omstreeks 3.30vm drie verdagtes aangekeer wat in besit was van ’n bakkievrag Telkom-kabels, waarvan die geskatte waarde nagenoeg R1.2-miljoen beloop.

’n Sterk vermoede bestaan dat meer verdagtes betrokke was, maar op die vlug geslaan het.

Lees hier:  Vermeende Telkom-kabeldief op Standerton vas

Dit is die tweede kabeldiefstal wat Telkom in twee dae by die Standerton Polisiestasie aangemeld het.

Gebiede wat geraak word, is Kosmospark, die industriële gebied, Stanwest en Meyerville.

Die geraamde tyd om telefoonlyne te herstel, is sowat vier dae per gebied.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button