
Opvolg
Die polisie is op soek na drie onbekende mans wat na bewering mnr. Kort Hans Meyer vermoor en sy vrou, Ilze, aangerand het op hul plaas naby Charl Cilliers.
Die mans het van die toneel gevlug in die oorledene se wit Ford Ranger bakkie, registrasienommer JKP 326 MP.
Enige iemand wat meer inligting het, word versoek om speur.-konst. Phasika Motau te skakel by 082 053 0306 of die polisie by 086 0010111.
’n Man en sy vrou is op 16 Februarie in hul huis op die Charl Cilliers/Standerton-pad deur drie mans oorval, waartydens die man noodlottig gewond is.
Sy vrou is rof hanteer, maar volgens inligting gaan dit goed met haar onder omstandighede.
Volgens ’n betroubare bron is hul honde ook geskiet.
Die aanvallers het glo met die egpaar se nuwe bakkie, selfone, vuurwapens, ’n televisie, dvd-speler en laptop op die vlug geslaan.
Die man en vrou se name word tans weerhou siende alle naasbestaandes, volgens inligting, nog nie oor dié voorval in kennis gestel is nie.



