’n Vrou is op 18 Februarie in hegtenis geneem na sy in besit betrap is met ’n selfoon wat gebuit is tydens die plaasaanval op mnr. Hans Meyer (73) en sy vrou Ilse (69).
Speurder-konst. Phasika Motau het die inhegtenisname bevestig, asook dat die egpaar se gesteelde bakkie op Emzinoni gevind is.
Die plaasaanval het laat Vrydagaand plaasgevind toe drie gewapende mans die huis binnegekom het.
Lees ook: Man noodlottig gewond tydens aanval op plaas op Charl Cilliers/Standerton-pad
Sleutels van die kluis is geëis en nadat mnr. Meyer dit aan hulle oorhandig het, het hulle hom doodgeskiet.
Me. Meyer is hardhandig hanteer, maar volgens inligting, gaan dit goed met haar onder omstandighede.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.


