
’n Silwer Ford Ranger Club Cab bakkie is binne ’n uur nadat dit in Nerinestraat op Bethal gesteel is, weer teruggevind.
Die eienaar van die bakkie en sy skoonpa was in hul agtererf en het niks gehoor of gesien toe die bakkie wat buite die erf gestaan het, gesteel is nie.
Toe die eienaar se vrou en skoonma tuis kom en nie die bakkie sien nie, het hulle besef dit is gesteel.
Hulle het dadelik die polisie geskakel en dit is verlate langs die pad naby die Oshoek-grenspos gevind.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



