
Mnre. Deon Greyvenstein, Johno Walker en Ferdi van Wyk hou plakkate op in die gange van die Secunda-landdroshof. Hulle het geld belê by mnr. Jaco Jordaan wat vandag hier in die hof moet verskyn.
Mnr. Jordaan word verdink van beleggingsbedrog wat miljoene rande beloop.
Hy is verlede Donderdag in Brakpan in hegtenis geneem op ‘n saak van 2012 en is Vrydag borg in Heidelberg toegestaan. Die polisie het hom Maandag in Germiston in hegtenis geneem vir sake vanuit Secunda en Kriel.
Plaaslike beleggers praat van meer as R50 miljoen wat betrokke is.
Die hofgalery is stampvol met dosyne mense wat Jordaan agter tralies wil sien.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



