CrimeNews

Ma soek steeds antwoorde na seun se dood in Bethal Gevangenis

Polisie bevestig man is verwurg in Bethal Gevangenis.

Mnr. Jan Kruger wat vermoedelik op 7 November in Bethal Gevangenis vermoor is, se ma, me. Susan Deysel, het steeds nie antwoorde oor sy dood nie.

“Ek wil hê hulle moet die mense wat hom vermoor het, in hegtenis neem,” het sy gesê.

Me. Deysel het nie geld gehad om haar seun se roudiens te hou nie en die gemeenskap en ondernemings het geld ingesamel.

Daar is egter steeds R500 uitstaande en sy kan nie haar seun se as kry voordat dié geld nie betaal is nie.

‘n Plaaslike begrafnisondernemer het die diens teen ‘n verlaagde tarief, R6 000, gedoen.

Bewaarders het kort na mnr. Kruger se dood vir me. Deysel gesê hy is verwurg.

Bethal Polisie het uiteindelik ‘n brief van die dokter wat die nadoodse ondersoek gedoen het, gekry en volgens dié brief is mnr. Kruger verwurg.

Volgens die polisie is dit egter nie die volledige verslag nie en dit kan selfs jare duur voordat dit beskikbaar is omdat al die verslae in Pretoria gedoen word en daar ‘n agterstand is.

Daar is egter geen regstappe teen medegevangenes waarmee mnr. Kruger ‘n sel gedeel het, geneem nie.

Hy het ‘n sel met nege ander gevangenes gedeel en nie een van hulle weet glo wat met mnr. Kruger gebeur het of hoe hy dood is nie.

Hulp gevra

Me. Deysel het intussen regsadvies ingewin. Daarvolgens moes korrektiewe dienste vir mnr. Kruger se begrafnis betaal het en moet vir haar antwoorde gee.

Me. Deysel het nie geld om ‘n opvolgafspraak met haar regsverteenwoordiger te maak en verdere stappe te neem nie.

As jy haar wil ondersteun of wil bydra tot die begrafnisondernemer, skakel me. Deysel by 076 901 4430 of die begrafnisondernemer, past. Pieter Oberholzer, by 082 783 9530.

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie. Standerton Advertiser & Highvelder
“Like”’ ons op Facebook en volg ons op Twitter en Instagram.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button