Local newsNews

AfriForum toets dorp se watergehalte

Die fosfaatlesing by 'n punt waar 'n monster by 'n kraan geneem is, was 25 druppel per miljoen (dpm) en die nasionale standaard vir drinkwater in Suid-Afrika is 15.3dpm.

Mnre. Jaco Taljaard (voorsitter) en Leon Enslin van Standerton AfriForum het op 21 Maart, Menseregtedag, watertoetse op Standerton en Sakhile uitgevoer.

Die toetse kan dui op riool-, industriële of landboubesoedeling en is ‘n maklike, voorlopige sifting wat slegs ‘n chemiese, geskatte resultaat is.

Die toetsseleksie word gedoen om genoeg inligting oor omgewingsbesoedeling aan die gebruiker te verskaf waarna ‘n ingeligte besluit geneem word met betrekking tot drink- of omgewingswatergehalte.

Die fosfaatlesing by ‘n punt waar ‘n monster by ‘n kraan geneem is, was 25 druppel per miljoen (dpm) en die nasionale standaard vir drinkwater in Suid-Afrika is 15.3dpm.

Die water is nie vir menslike gebruik geskik nie.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button