SECUNDA – Jan Ernst (JE) Kruger, die 20-maande oue seuntjie wat verlede jaar met neuroblastoomkanker gediagnoseer is, ontvang tans chemobehandeling.
Hy het op 19 Februarie ’n operasie ondergaan waartydens dokters die kanker verwyder het en die uitslae het getoon dat JE kankeryvry is, maar hy kry chemobehandeling om seker te maak al die kanker is weg.
Volgens sy ma, me. Mandie Kruger, is die chemobehandeling wat hy nou kry sterker as die vorige sessies en dit het hom siek gemaak waarna hy weer in die hospitaal opgeneem is.
Sy bloedtelling was laag en hy moes ’n bloedoortapping kry.
Hy is egter nou tuis en dit gaan beter met hom.
JE moet weer op 16 April by die hospitaal wees vir sy volgende chemosessie.
Lees ook: Secunda-manne leer meer oor kanker tydens ontbyt



