CrimeNews

Jaco Jordaan, vermeende swendelaar wat verdink word van ’n multi-miljoen rand-bedrogskema, is steeds agter tralies op Secunda

Jaco Jordaan moet weer op 25 Mei in die hof verskyn.

SECUNDA – Mnr. Jaco Jordaan, ’n sakeman van Heidelberg wat van meer as R100 miljoen se beleggingsbedrog verdink word, is steeds agter tralies.

Hy het Vrydagoggend, 13 April weer vlugtig in die Secunda-landdroshof verskyn en die saak is tot 25 Mei uitgestel.

Mnr. Jordaan is in aanhouding sedert landdros Faith Kekana sy aansoek om bortog op 2 Maart van die hand gewys het.

Hy word daarvan verdink dat hy meer as 100 mense vanuit Kriel en Secunda uit hul spaargeld bedrieg het in ’n multi-miljoen rand beleggingskema, Stocktraders SA, wat die polisie nou glo moontlik ’n grootskaalse Ponzi-stelsel mag wees.

Speurders van Secunda en Kriel het mnr. Jordaan op 26 Februarie by die Germiston-polisiekantore in hegtenis geneem waar hy probeer het om sy skootrekenaar en persoonlike eiendom terug te kry.

Dit was in die polisie se kluis terwyl mnr. Jordaan tyd in hul polisieselle deurgebring het weens ’n soortgelyke dossier wat reeds in 2012 in Gauteng teen hom geopen is. Die polisie se handelmisdaadeenheid neem die ondersoek oor.

Heelwat mense vanuit Kriel is bejaarde pensioentrekkers of mense wat ongeskik vir werk verklaar is en hul hele pensioen by mnr. Jordaan belê het met die verwagting om groot bedrae rente per maand te ontvang. Sommiges het inderdaad miljoene belê. Dit het glo vir jare goed gegaan totdat die maandelikse uitbetalings in September opgedroog het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button