Local newsNews

Bethal-boere kan 30 persent tyd en 20 persent diesel bespaar

Boere woon voorstelling deur internasionale maatskappy op plaas buite Bethal by.

BETHAL – Konic’s Auto Centre, ’n agent van Trelleborg, wat ’n internasionale maatskappy is, het saam met Bethal Filterdienste, Donderdag, 12 April mnr. Gert van der Merwe besoek en op sy Polocrossebaan gewys hoe boere diesel kan bespaar.

Trelleborg voorsien bande aan boere vir onder andere trekkers en plaasimplemente.

Volgens werknemers van Konic’s kan ’n boer diesel en tyd spaar deur trekkers te gebruik wat met dieselbuise toegerus is en deur die regte bande en banddruk te gebruik.

Tot 30 persent van boere se tyd en 20 persent diesel kan bespaar word.

Verskeie faktore beïnvloed die banddruk wat gebruik word en Trelleborg het ’n toep (app) wat al die faktore in ag neem en dan vir boere die perfekte banddruk kan gee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button