Local newsNews

Renier is bedags ’n afdelingsbestuurder, maar saans laat hy die serenes op Secunda loei

Hy het by die SANBS betrokke geraak nadat sy vrou, Alta, in 2012 met ’n ongeneeslike bloedsiekte gediagnoseer is.

SECUNDA – Mnr. Renier van Rensburg (52) is onlangs herverkies tot voorsitter van die Teksa-tak van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD).

Dit is sy derde termyn in dié amp.

Mnr. Van Rensburg is ’n man met vele talente – van hitsmotors jaag, lewens red en lyke uitduik tot akrielnaels opbou en haarkapper wees.

Hoewel hy tans die opknappingsbestuurder van Brandspruitmyn is, het hy al baie ampte in sy lewe beklee. Hy het as ’n passer gekwalifiseer en het ook al as tegniese beampte, opleidingsbeampte en materiaalbestuurder gewerk.

Sy hart lê egter by nooddienste. Hy het ’n dienende gees en ’n behoefte om sy gemeenskap van diens te wees.

Hy is in die Laeveld gebore, maar het as kind bykans die land saam met sy ouers deurkruis weens sy pa se werk wat hom gereeld van die een myn na die ander gestuur het.

Mnr. Van Rensburg het egter na sy troue wortel geskiet op Secunda waar hy al vir meer as 30 jaar woon. Hy het as jongman in sy vrye tyd as reservis by die Secunda Brandweer gewerk. Hy het later sy basiese ambulansassistentkursus voltooi en is nou ’n bystandwerker vir Langamed Suid Ambulansdienste.

Mnr. Van Rensburg bestee die meeste van sy vrye tyd as ’n paramedikus. As hy saans van Sasol af tuis kom, doen hy die nodige by die huis, maak seker sy vrou is gemaklik en gaan werk dan vir ’n paar ure by die ambulansdiensste.

Naweke help hy uit by sportbyeenkomste.

Lees ook: Learn more about the SANBS

Vroëer jare het hy ook valskerm gespring en vir die polisie as duiker gehelp. Hy moes egter ophou weens ’n rugbesering wat hy as kind in ’n motorongeluk buite Evander opgedoen het wat hom toe later jare begin inhaal het.

Hoewel mnr. Van Rensburg vir baie jare reeds bloed skenk en weens sy deeltydse werk by die nooddienste besef het hoe belangrik bloed is, het hy eers werklik by die SANBS betrokke geraak nadat sy vrou, Alta, in 2012 met ’n ongeneeslike bloedsiekte gediagnoseer is.

Sy ly aan Sjogrense se sindroom, ’n bloedsiekte wat haar immuunstelsel aantas, gepaardgaande met Lupus, en fibromialgie. Dié toestand maak haar soms só siek dat sy elke moontlike vrye tyd in die bed moet vertoef.

Mnr. Van Rensburg is dus al vir jare die kok in die huis. Hy doen ook vroulief se naels en hare wat hy gereeld ook help kleur.

“Dis vir my lekker, want ek kan tyd saam met Alta bestee. Sy is my beste maat en ons is nog meer verlief as die dag toe ons getroud is. Ons stuur daagliks vir mekaar liefdesboodskappies.”

Die egpaar het twee dogters, Andelene (30) en Ané, en ’n kleinseun genaamd Ziegfried.

Mnr. Van Rensburg het in 2013 amptelik by die skenkerskomitee aangesluit en is in 2015 vir die eerste keer as voorsitter verkies. Hy dien in dié kapasiteit ook op Mpumalanga se sonekomitee en is deel van die SANBD se soneforumraad.

Mnr. Renier van Rensburg is herverkies tot voorsitter van die

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button