EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Van waaghalse tot skoonhede kan by Oosterland se Wieleskou verwag word

Vanjaar is Lego in al hul glorie op die skou met ’n reuse Lego-blokkiespit en ’n verskeidenheid produkte

SECUNDA – Vanjaar se Oosterland Wieleskou hoop om alle voriges te oortref.

As jy nog nie beplan het om die skou op 1 en 2 Junie by Graceland Hotel, Casino en Buiteklub by te woon nie, sal die rits opwindende gebeure vir oud en jonk jou kop kan swaai.

Die Le Riché-broers gaan vir jou wys wat Extreme-motorfietstoertjies behels. Dié span is al vir 17 agtervolgende kere as die Suid-Afrikaanse kampioene gekroon en hulle stel wêreldwyd hul vernuf ten toon.

Nick de Wit en sy FMX-span motocrossmotorfietsjaers gaan jou verstom met hul gevaarlike spronge en waaghalstoertjies.

Lees ook: Hoërskool Oosterland hosts wheelchair race at Wieleskou on 1 June #HelpBiancaFourie

Vanjaar is Lego in al hul glorie op die skou met ’n reuse Lego-blokkiespit en ’n verskeidenheid produkte wat vir klein en groot Lego-bouers ’n trekpleister sal wees.

Die kleinspan kan ook uitsien na ’n interaktiewe poppekas wat die gehoor by die storie betrek. Dit word aangebied deur Puppet World.

Alla’s Modelling and Beauty Company bied op 2 Junie die Mnr. en Mej. Wieleskou aan waartydens al die deelnemers soos karakters uit die fliek “Grease” moet aantrek. Die kompetisie word aangebied ten bate van Hope for Paws, ’n nie-winsgewende organisasie wat na diere uitreik. Kontantpryse is op die spel vir die wenners. Belangstellendes wat aan dié kompetisie wil deelneem, kan Allison skakel by 072 697 0474.

Hou die Facebookblad Wieleskou 2018 dop vir nog gebeure wat op die skou gaan plaasvind.

Die Le Riché-broers (Suid-Afrikaanse toertjiekampioene) tree by die Wieleskou op 1 en 2 Junie op.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button