
BETHAL – Mnr. Frans Jacobus Lotz wat in 2017 in verband met die moord op sy oupa, mnr. Dirk Swart, in hegtenis geneem is, se saak is tot 28 Junie uitgestel.
Mnr. Swart is op 17 Junie verlede jaar omstreeks 10.20nm na ’n skietvoorval in sy huis op Bethal dood.
Mnr. Lotz het na bewering glo tydens ’n rusie tussen mnr. Swart en sy vrou, me. Helene Swart, ingetree en sy oupa is in die kop geskiet.
Die polisie het op die vuurwapen wat gebruik is, beslag gelê toe hulle mnr. Lotz in hegtenis geneem het.
Lees ook: Kleinseun (19) kry borg na oupa se skietdood in Bethal
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



