Local newsNews

Roz du Preez van Teksa Blommeklub presteer by Newcastle Blommeskou

Lede leer hoe om blomme in L-lyn te rangskik.

SECUNDA – Me. Roz du Preez van Teksa Blommeklub het presteer by die Newcastle Blommeskou wat einde April plaasgevind het en het twee goue toekennings ingepalm en is ook aangewys as die beste op die skou.

Sy het lede van Teksa Blommeklub Donderdag, 17 Mei tydens hul byeenkoms gewys hoe om ’n tradisionele blommerangskikking met ’n L-lyn te doen.

“Die L-lyn kan na die regter- of linkerkant toe gaan en ’n mens kan van binnekant af na buite toe werk of andersom,” het me. Du Preez gesê.

“’n Mens plaas die kleiner fyner blomme en jou groter growwer instellingspunte binnekant.

“Die donkerder kleure in die rangskikking moet in die middel kom.”

Teksa Blommeklub vergader weer op Donderdag, 21 Junie om 9vm in Die Ark by die N.G. Kerk Secunda-Oos en N.G. Kerk Goedehoop-gemeente.

Vir meer inligting, skakel me. Magda Schwab by 083 611 0684.

Lees ook: Lede van Teksa Blommeklub presteer by blommeskou in eMalahleni

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button