Local newsNews

Hannie van Niekerk wil Kinross VLU-tak graag sien groei

Voorsitter probeer graag nuwe dinge.

SECUNDA – Me. Hannie van Niekerk is al die afgelope drie jaar die voorsitter van die Kinross VLU-tak.

Sy glo ’n mens moet besig bly en is by die Suikerbekkies en blommeklub op Secunda betrokke.

Sy en haar man, mnr. Frikkie van Niekerk, het onlangs ’n stalletjie wat van houtwerk en staalwerk tot handgemaakte produkte uitgestal het, by Marietjie Skool se jaarlikse Lentemark gehad.

“Ek hou daarvan om nuwe dinge te probeer,” het me. Van Niekerk gesê.

Sy het onlangs begin bak en bak graag beskuit en sy geniet dit ook om te brei en te hekel.

Me. Van Niekerk woon al die afgelope 20 jaar op Secunda.

Haar visie is om die Kinross VLU-tak te sien groei en nuwe lede by te kry.

Sy het op ’n plot naby Hartswater grootgeword en kan nog onthou hoe baie sy die plaaslewe geniet het.

Na matriek by Hoërskool Christiana, het sy in ’n bank gewerk en sy en haar man het later na Kimberley verhuis waar mnr. Van Niekerk voltyds in die weermag was.

“Ons het in ’n sinkdakhuis in Kimberley gebly. Dit was van die beste tye in my lewe.”

Die egpaar het later na Hartswater verhuis waar mnr. Van Niekerk begin boer het.

“Dit was ’n lekker, maar spanningsvolle tyd omdat die weerlig ons hele oes, al ons koring en druiwe, uitgeslaan het.”

Die egpaar het na Secunda verhuis en albei hul kinders is op Secunda gebore voordat hulle na Kathu verhuis het.

Na agt jaar op Kathu, het hulle egter weer na Secunda verhuis omdat mnr. Van Niekerk beter werk op Secunda as elektromeganikus kon kry.

Me. Van Niekerk het in haar jonger dae graag netbal en pluimbal gespeel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button