JONGSTE NUUS: Huis aan die brand in Meyerville
Die oorsaak van die brand is onduidelik.
Vrou na hospitaal vervoer
OPVOLG: 6 Junie 11.22vm
Volgens nuwe inligting was daar slegs een persoon in die huis, me. Thandi Mabena, wat nadat sy die vlamme gesien het, uit die huis gevlug het.
Omstanders het ook ingespring om te help om ’n voertuig wat in die motorhuis parkeer was, te skuif.
Lede van die gemeenskap het water aangery nadat brandweerpersoneel klaarblyklik probleme met ’n brandkraan ondervind het.
Me. Mabena is intussen na die hospitaal vervoer en op die stadium kan daar nog nie vasgestel word of sy vir rookinaseming behandel word en of dit bloot normale praktyk was nie.

Huis in ligte laai
6 Junie – 11.04vm
‘n Huis in Meyerville was Woensdag, 6 Junie in ligte laaie en die vrou van die woning het na veiligheid gehardloop.
Die oorsaak van die brand kon nog nie vasgestel word nie.
Standerton Brandweer was vinnig op die toneel.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.



