Local newsNews

Hoërskool Oosterland Wieleskou vermaak oud en jonk

Motorfietswaaghalse wys hul toertjies by skou.

SECUNDA – Inwoners het die afgelope naweek gesien hoe waaghalse gevaarlike toertjies op motorfietse uitvoer en hoe brandweermanne ’n brandende voertuig blus by Hoërskool Oosterland se 14de Wieleskou by Graceland.

Daar was vermaak vir oud en jonk, van ’n vertoning met reptiele tot ’n modelvertoning en mallemeules vir die kinders.

Daar was kosstalletjies om van te kies en te keur, ’n biertent, uitstallers van die Veteraan Motorklub, motorhandelaars wat splinternuwe voertuie uitgestal het, ’n poppekas en ’n Lego-kompetisie.

Een van die hoogtepunte van die skou was die rolstoelresies.

Proconics het die rolstoelresies Vrydag, 1 Junie by Oosterland se Wieleskou gewen. Die span bestaan uit (voor) mnre. Benedict Ndlovu en Frank Kganane. Agter is mnre. Riaan van Eeden, Ruan Grobler, Tobie Basson, Jaco Crouse, Cobus van der Vyver, Max Maseko, Morne Baartman, Cloete Lessing, Robert Theron, Johnny Stpels en David Swanepoel.
Deelnemers aan die rolstoelreisies spring weg by die Oosterland Wieleskou.

Proconics-span het dié resies, waaraan 10 spanne deelgeneem het, gewen.

Deelnemers moes verskeie aktiwiteite in die rolstoele doen, soos om hande in ’n bak te was en met ’n bal in die rolstoel te ry.

Me. De Vries het Courier Guys wat die prys vir die rolstoelresies geborg het, bedank.

Altesaam R20 000 is met die rolstoelresies en die motorfietsryers wat ’n ontbytrit gedoen en geld ingesamel het vir Bianca Fourie, die gr. 9-leerder van Hoërskool Oosterland wat dringend ’n rugoperasie moes ondergaan, ingesamel.

Laerskool Goedehoop en Laerskool Secunda se trompoppies het opgetree, asook Goedehoop se Babbelbekkies.

Hoërskool Oosterland se orkes en PJ Pretorius het die gehoor met hul musiek vermaak en ’n poppekasvertoning het Saterdag vir vermaak vir die jongspan gesorg.

NTT Nissan en Tiger Wheel & Tyre het die prys gewen vir die beste stalletjie by vanjaar se Oosterland Wieleskou.

Me. De Vries het Top Fix Scaffolding bedank wat die steier vir die motorfietsvertoning gebou het.

Dit het sowat 7 000 werkersure geneem om dit te bou en weer af te slaan en Top Fix Scaffolding het die arbeid geborg.

Govan Mbeki Munisipaliteit se brandweerdiens het ’n voertuig aan die brand gesteek en gewys hoe om dit te blus, en me. Oosie Oosthuizen, slangkenner, het van haar reptiele gewys en die gehoor meer oor hulle geleer.

Onder die motorfietswaaghalse was Nick de Wit, Suid-Afrikaanse FMX-kampioen, en die twee Le Riche-broers.

Govan Mbeki Brandweerdens blus die vuur Saterdag, 2 Junie by die Oosterland Wieleskou tydens ’n vertoning.
Govan Mbeki Brandweerdiens blus die vuur Saterdag, 2 Junie by die Oosterland Wieleskou tydens ’n vertoning.
Govan Mbeki Brandweerdiens blus die vuur Saterdag, 2 Junie by die Oosterland Wieleskou tydens ‘n vertoning.
Ian Burger en Ian Potgieter by een van die motors wat by die Oosterland WIeleskou uitgestal is die afgelope naweek.
Mnr. Frank Kgananae van die Proconics-span tydens Oosterland Wieleskou se rolstoelresies.
Motorfietswaaghalse wys hul toertjies die naweek by die Oosterland Wieleskou by Graceland.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button