Local newsNews

Ondersteun Secunda ATKV Kosmosrand se projek en skenk kos

Die ATKV benodig 600 soppakkies vir dié projek voor 22 Junie wanneer die skole sluit en die kospakkies uitgedeel gaan word.

SECUNDA – Die ATKV Kosmosrandtak het weer hul jaarlikse projek om vir behoeftige leerders kospakkies vir die skoolvakansie te gee, geloods.

Die ATKV benodig 600 soppakkies vir dié projek voor 22 Junie wanneer die skole sluit en die kospakkies uitgedeel gaan word.

Van die ander bestanddele wat me. Tracey van Wyk wat dié projek begin het, in die kospakkies sit, is pasta, rys, noodles, 2,5kg mieliemeel, suiker, blikkies groente en blikkies vis of vleis.

Die publiek kan enige van dié items skenk of self sakke met al die bogenoemde items in opmaak.

Vir meer inligting, skakel me. Van Wyk by 074 103 6381.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button