Rassie Erasmus, Polisieman van Secunda, se roudiens vind Vrydag plaas
Hartaanval eis bekende polisieman
SECUNDA – Adj.-off. Rassie Erasmus van Secunda Polisiekantore is Saterdag, 16 Junie in ’n hospitaal in Pretoria dood.
Hy het die afgelope paar weke ná ’n hartaanval in die hospitaal aangesterk, maar het Saterdag weer ’n hartaanval gehad.
Adj.-off. Erasmus het vir jare op Secunda gewoon en in die polisie gedien.
Hy het by verskeie eenhede van die polisie gewerk, soos die destydse bedrogtak en later die Valke se batebeslagleggingseenheid.
Hy was ook vir etlike jare die hoof van sigbare polisiëring op Trichardt, maar het sedert Desember in die aanklagkantore van Secunda Polisiestasie gewerk.
Sy familie, kollegas en vriende neem Vrydag, 22 Junie afskeid van dié bekende en geliefde polisieman.
Die roudiens vind om 11vm vanuit die Hervormde kerk op die hoek van Eric Louw- en Risikstraat plaas.




