Local newsNews

Brand Pretorius inspireer mans by Rondekerk in Secunda

Mans geniet manne-aand by Rondekerk.

SECUNDA – Mnr. Brand Pretorius, motiveringspreker en sakeman, was die spreker by die Rondekerk se manne-aand wat Donderdag, 7 Junie plaasgevind het.

Hy het oor dienende leierskap gepraat en vertel hoe hy en sy span in 2001 ’n proses begin het waarby hulle ’n onderneming se skuld van sowat R1.5 miljard omgeswaai het en dat die onderneming na drie jaar weer finansieel sterk was.

“Ons sou dit nie kon doen as ons mekaar nie gedien het en ek nie ’n dienende leier was nie,” het mnr. Pretorius gesê.

Hy het leiers aangeraai om eers ’n hart aan te raak voordat hulle vir ’n hand vra.

Mnr. Pretorius het die 90 mans wat die manne-aand bygewoon het, met die lewenslesse wat hy al geleer het, geïnspireer en gesê elke man in die vertrek wat die manne-aand bygewoon het, is ’n leier.

“Jy word nie as ’n swakkeling beskou as jy as leier jou werknemers dien en vir hulle omgee nie.

“Wees hard op uitslae en sag op mense.”

Me. Ilana Coetzer, bemarkings- en kommunikasiebeampte van die Rondekerk, het gesê:

“Dit was ’n eer om ’n man van sy kaliber by ons te hê en hy was nie net ’n inspirasie vir die motorhandelaars wat die aand bygewoon het nie, maar ook vir die ander mans, predikante inkluis.”

Na afloop van sy toespraak, het mnr. Pretorius sy boeke geteken wat te koop was, onder andere Aan die Stuur.

Mnr. Brand Pretorius by ‘n manne-aand by die Rondekerk op 7 Junie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button