Buurmanskap seëvier na Amerikaanse veghonde man op Standerton aanval
“Die vleis het uit die wonde gepeul nadat hulle my gebyt het,” het hy gesê.
Mnr. Hendrik Fourie van Standerton het op Dinsdag, 4 September omstreeks 5nm onder Amerikaanse veghonde (pitbulls) deurgeloop hoewel goeie verhoudinge met die eienaar daarvan nie in die slag gebly het nie.
Die hekslot wat die diere in die buurerf veilig binnehou, is per ongeluk oopgelaat toe ’n familielid inkopiesakke binnegedra het.
Die honde het uitgekom en mnr. Fourie begin aanval.
Mnr. Fourie het teen die draad geval wat sy ligaam deels beskerm het en sy val gestuit het.
“As dit nie daarvoor was nie, was ek nie nou hier nie,” het hy gesê.
Die Standerton Advertiser het op 19 September met die eienaar, mnr. Neville Sauls, in verbinding getree wat, soos mnr. Fourie, meer as gewillig was om oor die voorval te praat.
Mnr. Sauls het pa gestaan vir die beserings wat mnr. Fourie opgedoen het en gesorg dat hy na dr. Ulrich van Heerden op die dorp geneem word, die nodige inspuiting kry, sowel as die vereffening van die rekening wat deur sy familie behartig is.
Die rekening het sowat R3 000 beloop wat verskeie besoeke insluit.
“Neville is ’n goeie man,” het mnr. Fourie gesê.
’n Spier in mnr. Fourie se regterbobeen moes geheg word volgens sy vrou Louisa, en sy regterhand en -elmboog is gebyt.
“Die vleis het uit die wonde gepeul nadat hulle my gebyt het,” het hy gesê.
Mnr. Sauls het kragdadig oorgegaan om die twee honde te beheer nadat die getoet van nog ’n buurman uit sy motor hom laat onraad vermoed het.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.



