Inwoners is moedeloos oor konstante waterverwante probleme op Standerton en meen die mense waarvoor hul gestem het doen niks daaromtrent nie.
Waterdruk is een van die vernaamste probleme en sluit groot gedeeltes van die dorp in.
Omgekrapte inwoners het hul na sosiale media gewend en die DA se mnre. Rosier de Ville asook James Masango het onder skoot gekom.
Hul nommers is gepubliseer en mnr. Bok Gleeson het gesê: “Kom ons bel hulle tot hulle kots vandag!”
Ander inwoners het genoem dat hul lankal watertenks en pompe installeer het weens munisipale wanbestuur wat aan die orde van die dag is.
Sommige ander het van die veronderstelling uitgegaan dat hul nie dié kostes hoort aan te gaan nie, en dat die waterkwessies deur die munisipaliteit aangespreek móét word.
Lees die volledige berig in die Standerton Advertiser om mnr. De Ville se kommentaar hierop te sien.
Die Standerton Advertiser het ook vrae aan die Lekwa kommunikasiebestuurder, me. Thobeka Mtshiselwa, gestuur en wag op haar kommentaar.



