SECUNDA – Marietjieskool se jaarlikse Lentemark het op Donderdag, 20 September amptelik oopgemaak toe mnr. MJ Kruger, me. Anna-Marie Kruger se seun, ’n suurlemoenboom geplant het.
Me. Kruger was die stigter van die Lentemark en adjunkhoof van Marietjieskool.
Sy is op 7 September aan longkanker dood en vanjaar se Lentemark is aan haar opgedra.
“Suurlemoenbome was haar gunstelinge en dit is waarom ons besluit het om een te plant ter nagedagtenis aan haar,” het Marietjieskool se hoof, me. Mariane Ueckermann, gesê by die opening van die mark.
Me. Kruger se kleindogter, Carli Kruger, het die lint geknip om die mark ampetlik te open.
Past. Randal Donnelly van His Way Family Church het die verrigtinge met skriflesing en gebed geopen.
Die Lentemark duur tot 27 September en is daagliks vanaf 9vm tot 7nm oop.
Daar is talle nuwe en ou uitstallers wat unieke produkte verkoop, asook ’n teetuin om die dors te les.
Wegneemetes word by die teetuin verkoop.
Die uitstallers verkoop van klere tot juwele, muurbehangsels en speelgoed.
Daar is kaartgeriewe by die mark.
https://www.facebook.com/echoridgenewspapers/videos/1884588774952610/






