JJ Schoeman klee die mooistes van die mooistes
Hy is beslis nie ’n modegier wat sommer sal oorwaai nie.
Die mode-ontwerper, JJ Schoeman, het op Standerton grootgeword en is die aangewese keuse vir enige skoonheidskoningin om haar uitrustings te maak.
Die enigste seun van wyle Koos en May Schoeman het na matriek aan Hoërskool Standerton sy weermagopleiding voltooi en daarna ’n jaar aptekerswese studeer.
“Op skool het hulle my Kobus genoem, maar nou is my naam JJ wat ‘easy-peasy’ op die oor val,” het hy laat blyk.
Die 33-jaarlange verhaal tot sy sukses in die mededingende modebedryf het by die Universiteit van Potchefstroom begin.
Vandat hy die wieletjie op die naaimasjien gedraai het en die naaldjie sien beweeg het, tot ’n baaikostuum vir Barbie maak, is sy belangstelling verder geprikkel.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.



