MunicipalNews

Telkom vervang glo vandag telefoonlyne by Bethal Lisensiekantore

Munisipaliteit wag vir briefhoofde om briewe uit te reik

Bethallers kan steeds nie hul voertuiglisensies hernu nie nadat die Telkomlyne by Bethal se lisensiekantore glo gesteel is.
Die Ridge Times het Telkom asook die kommunikasieafdeling van die Govan Mbeki Munisipaliteit om kommentaar gevra, maar kon geen antwoorde kry nie.
Me. Marietjie Fourie, DA raadslid, het onderneem om die lisensiekantore te vra om, soos ’n vorige keer, weer ’n brief uit te reik wat verklaar dat hulle telefoonlyne af was en dat hulle nie die publiek kon help om hul lisensies te hernu nie.
“Telkom is vandag daar en werk aan die lyne,” het me. Fourie gesê.
Volgens haar het ’n werknemer van die lisensiekantore gesê hulle het nie tans briefhoofde om die briewe op te druk nie, want dit kom vanaf Nelspruit en hulle wag glo vir dit.
“Hy het gesê dit behoort vandag hier te wees.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button