MunicipalNews

Inwoners boos en raadop met jarelange waterprobleme op Standerton

“Dit is ’n skande dat daar nie in belasingbetalers se basiese behoeftes, wat ook ’n mensereg is, voorsien kan word nie.”

Inwoners is raadop met waterprobleme wat in sommige gebiede reeds langer as drie jaar voortduur.

In sommige gebiede kla hulle oor lae druk en ander meen hul het geen water nie, maar hoe dit ookal sy, inwoners is dit eens dat dit hoog tyd is dat die Lekwa Munisipaliteit aan die pen ry.

Mnr. Braam Lotter in Caledonstraat het genoem dat hy al sowat R10 000 se onkoste aangegaan het om water te bekom sedert dié probleme opgeduik het.

Mnr. Braam Lotter het al ’n geskatte R10 000 bestee om water te bekom.

Hy het ’n tenk en pomp met drukmeter laat installeer en het aan die Advertiser demonstreer hoe laag die druk in die pype is.

“Dit is ’n skande dat daar nie in belasingbetalers se basiese behoeftes, wat ook ’n mensereg is, voorsien kan word nie.”

Volgens hom, is die waterdruk in die oggende omstreeks 5.15vm sowat 40 kilopascal (0.4bar), teen 6.15nm, 100 kilopascal (1bar) en later die aand omstreeks 11nm, wanneer die gebruik afgeskaal word, 400kilopascal (4bar).

Die druk in die pyp registreer skaars op die drukmeter.

Munisipale werkers was, volgens hom, al vantevore by sy huis om ondersoek in te stel, maar hy is van mening dat hul bloot aanhou sê dat hul aan die probleem werk, maar geen oplossings bied nie.

Mnr. Lotter, asook mnr. Bok Gleeson wat in Charl Cilliersstraat woonagtig is en dieselfde probleme ondervind, het genoem dat hul spekuleer dat die probleem moontlik toegeskryf kan word aan die aanvraag wat moontlik te hoog is waaraan nie voldoen kan word nie weens die huidige infrastruktuur.

Mnr. Gleeson het gesê dat hul sedert Januarie waterprobleme het en dat ander inwoners hom al aangeraai het om ook tenks en pompe te installeer.

“Hoewel dit ’n opsie is, is dit weer eens kostes wat ek moet dra vir iets wat die munisipaliteit moet verskaf, boonop is die druk in die pype so laag dat ek nie eens seker is die tenks sal kan opvul nie.”

“Ons is jarelange inwoners op die dorp en voorheen het ons net probleme ondervind as pype gebars het en die munisipaliteit dit dus vervang het.

Lees die volledige berig in die Standerton Advertiser.

Water gaar op in Leydsstraat.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button