AfriForum se Standerton-tak het in Oktober ondernemings gehelp om rioolpype, wat al vir meer as drie maande oorstroom, oop en skoon te maak.
Dié projek vorm deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog en is in samewerking met Standerton se Selfdoen Forum gedoen, wat Clearwater Plumbing, Tractor Requisites Midas, TWK Toyota Standerton, Sahara Sand, ACMC Highveld en Lesedi Engineering insluit.
“Die munisipale rioolpompe word nie herstel nie, wat veroorsaak dat Standerton se strate met riool oorstroom.”
AfriForum se Standerton-tak en Standerton se Selfdoen Forum het ’n hoëdrukpomp gebruik om die rioolpype skoon te was en ’n sogenaamde “honey-sucker”-vragmotor ingespan om die mangate skoon te suig.
Lees die volledige berig in die Standerton Advertiser.



