Me. Jossie Boers van Schwickardstraat is raadop met twee mangate wat oorloop wat rioolwater in haar erf tot gevolg het.
Me. Boers se twee honde raak ook siek waarvan die veeartsrekeninge getuig.
“Hulle is soos kinders vir my,” het sy gesê.
Benewens dat die diere blootgestel is aan die water, het sy ook die probleem dat toegang na haar huis sodanig is dat haar voertuig afgespuit moet word as sy deur die plasse gery het.
Die Standerton Advertiser is in besit van ’n video waar die klank van die mangate die illusie van ’n borrelende fontein wek.
Me. Boers het die naweek van 13 en 14 Oktober nooddienste geskakel, maar geen werkers was beskikbaar om te help nie.
Die daaropvolgende Maandag het sy die Lekwa Munisipaliteit geskakel, ’n klagte aangemeld en ’n verwysingsnommer (96429) bekom.
Daar het dadels van gekom.
Die koerant het op 6 November foto’s van die haglike toestand in die straat geneem.
Lees die volledige berig in die Standerton Advertiser.



