’n Inwoner se voertuig het op 15 November by die kruising van Berg- en Burgerstraat op Standerton vasgeval weens ’n enorme watergat.
Volgens ’n ander inwoner wat die vrou bygestaan het, is die betrokke waterlekkasie al twee keer by die Lekwa Munsipaliteit aangemeld.
Hy het byna vasgeval, maar kon daarin slaag om uit te kom.
Die vrou was ongedeerd, maar kennelik ontsteld na die gebeure.
Die Standerton Advertiser het op 15 November ’n e-pos na die kommunikasiebestuurder van die munisipaliteit, me. Thobeka Mtshiselwa, gestuur en foto’s aangeheg om die omvang van die probleem te benadruk.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



