Die Lekwa Clean Up Crew (LCUC) het ’n beroep om alle inwoners gedoen om ’n bydrae te lewer.
Hulle is reeds vir drie jaar bedrywig om die dorp te help skoonmaak.
Tans word onder meer swart vuilgoedsakke of enige ander sakke en oorpakke benodig.
Sonder die nodige toerusting, sal nie met die waardevolle werk voortgegaan kan word nie.
Enige bydrae, hetsy in die vorm van toerusting of ’n kontantbydrae, sal waardeer word.
Sakke kan by die Kasselman-kantore afgelaai word en finansiële bydraes, hetsy eenmalig of maandeliks, in die volgende rekening inbetaal word:
Lekwa Clean Up Crew
Standard Bank
Rekeningnommer:136697321
Tak: Standerton
Takkode: 052943
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



