Local newsLocal sportNewsSport

Ermelo stoeiers wys hul staal

Marno Botha het ’n goue medalje in die President Junior (0/20) Vrystyl-afdeling verower.

Ermelo Stoeiklub het ’n besige jaar sover gehad met stoeiers wat in die verskeie kompetisies goed presteer het.

Die klub het op Saterdag, 16 Februarie aan die Oos Gauteng Ope-kampioenskap deelgeneem.

Marno Botha (brons), Andre Robertson, Teghan Breytenbach, De Wet Luüs, Franco du Randt (brons), AJ van Niekerk, Darius du Randt en Richter Luüs het die kampioenskap bygewoon.

Henco Boshoff, De Wet Luüs, Henco de Bruyn, Marno Botha, Hubert Terblance en DG Boshoff het onlangs aan die TUKS ope-kompetisie in Pretoria deelgeneem.

Luüs het ’n brons medalje ontvang, De Bruyn ’n silver medalje en Botha en Terblance het elk goud behaal.

Ermelo Stoeiklub het op Saterdag, 2 Maart aan die Mpumalanga graderingstoernooi deelgeneem.

AJ van Niekerk het goud in die 0/9-afdeling ontvang en WP Human het in die 0/11-afdeling goud verower.

In die 0/13-afdeling het Teghan Breytenbach, Dewet Luüs en André Robertson goue medaljes ontvang en Franco du Rand het ’n silver medalje gekry.

Teghan Breytenbach, Dewet Luüs en André Robertson het ook in die President Skole (0/13) Vrystyl-afdeling en die President Skole (0/13) Grieks Romains-afdeling goue medaljes behaal en Franco du Rand het ’n silver medalje in die President Skole (0/13) Grieks Romains-afdeling ontvang.

Marno Botha het ’n goue medalje in die President Junior (0/20) Vrystyl-afdeling verower.

De Wet Luüs, André Robertson en Marno Botha is onlangs vir die MSV-span gekies om aan die Suid-Afrikaanse kampioenskap deel te neem wat op Vrydag, 15 Maart en op Saterdag, 16 Maart plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button