Nuwe bestuurder by ouetehuis op Standerton raak aan die gesels
Jack het laat blyk dat hy die gemeenskap nodig het om ’n agterstand in te haal en hy is vas van plan om by gemeenskapsorganisasies in te skakel.
Mnr. Jack la Grange, nuwe bestuurder by die Kosmos Aftree-oord, met sy grondige kennis en agtergrond in administrasie, het vir homself doelwitte vir die tehuis gestel.
Die geriewe moet opgradeer word, kos moet van so ’n gehalte wees dat mense oortuig word om daar te vestig en die organisasie moet soos ’n glad, geoliede stukkie masjinerie loop.
Met sy 27 jaar ondervinding by die Departement van Buitelandse Sake waar hy as adjunk-direkteur geëindig het, deins hy nie vir die uitdaging terug nie.
“Ek kom uit ’n omgewing waar ek probleme moes identifiseer en oplos,” het hy gesê.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.




