MunicipalNews

Inwoners word genooi na gemeenskapsvergadering

Mnr. Rosier de Ville, DA-raadslid in Wyk 10, het met mnr. Marks Mabunda van die Lekwa Munisipaliteit in verbinding getree voordat hy die Standerton Advertiser besoek het. Mnr. De Ville het kiesers van sy wyk na 'n gemeenskapsvergadering op 19 Maart om 5nm in die stadsaal genooi.

Sekere gedeeltes van die middedorp gaan die afgelope tyd swaar gebuk onder kragonderbrekings in die nanag wat nie aan beurtkrag toegeskryf kan word nie.

Me. Elsabé Jordaan wat die afgelope vyf jaar aan slaapapnee ly, het aangedui dat die suurstoftoestel wat sy gebruik ‘n beraamde R13 000 kos. Dié toestel se gemiddelde rakleeftyd is 10 jaar wat ernstig deur gedurige elektrisiteitsonderbrekings beïnvloed word.

 

Mnr. Rosier de Ville, DA-raadslid in Wyk 10, het met mnr. Marks Mabunda van die Lekwa Munisipaliteit in verbinding getree voordat hy die Standerton Advertiser besoek het. Mnr. De Ville het kiesers van sy wyk na ‘n gemeenskapsvergadering op 19 Maart om 5nm in die stadsaal genooi.

Hy het ook skriftelike uitnodigings aan die tegniese afdelings van die munisipaliteit gerig om teenwoordig te wees sodat sinvolle terugvoering oor die probleme gegee kan word.

Slegs kiesers in Wyk 10 kan insette op die vergadering lewer.

Lees die volledige berig in vandeesweek se Standerton Advertiser.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button