Mnr. Rosier de Ville, DA-raadslid in Wyk 10, se gemeenskapsvergadering op 19 Maart in die Standerton Stadsaal het weinig belangstelling gelok.
Volgens mnr. De Ville het 15 inwoners opgedaag en amptenare van die Lekwa Munisipaliteit was nie teenwoordig om tegniese insette te lewer oor elektrisiteitsverwante onderbrekings in die middedorp nie.
Hy het skriftelike uitnodigings aan die tegniese afdelings gerig, maar die regte protokol is klaarblyklik nie gevolg nie.
“Dit was ’n teleurstellende opkoms,” het hy gesê.
“Ek hoop egter dat meer mense in die toekoms teenwoordig sal wees om hul menings te kan lug.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



