MunicipalNews

Inwoners oor beurtkrag: “Nou het ons geen keuse nie”

Sonder om in te gaan op die finansiële implikasies vir ondernemings en die land se beleggingswaarde, was hulle eenstemmig oor die noodsaak van bekendmaking van skedules.

Die refrein oor die impak van beurtkrag op die ekonomie sal nog baie gehoor word.

Die Standerton Advertiser het op 19 Maart te midde van Fase 4-beurtkrag sakelui gepols om te hoor of Standertonners opgewasse is om die elektrisiteitsonderbrekings te hanteer.

Sonder om in te gaan op die finansiële implikasies vir ondernemings en die land se beleggingswaarde, was hulle eenstemmig oor die noodsaak van bekendmaking van skedules.

Me. Jo-Ann Boer in Beyers Naudéstraat doen juis haar beplanning in die koffiewinkel rondom sodanige tydgleuwe.

“As ons net weet,” het sy gesê.

Me. Elize Smith het nie doekies omgedraai oor die chaos wat dit veroorsaak nie.

“Hoewel alles met krag werk, gaan ons ons nie laat onderkry nie,” het sy gesê.

“Al wat nie krag nodig het nie, is vriendelikheid.”

 

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button