MunicipalNews

Inwoner hou haar lyf munisipale werker

“Ek het noodgedwonge ingegryp en ’n plan gemaak,” het sy gesê.

Me. Angelique Zwarts van Wildebeessingel in Kosmospark het haar lyf munisipale werker gehou en op eie houtjie ’n uitloop by die watermeter buite die erf gemaak.

Volgens me. Zwarts, sukkel sy reeds agt jaar en het behalwe om met die Lekwa Munisipaliteit in verbinding te tree ook die provinsiale Departement van Water en Sanitasie in Mbombela (Nelspruit) genader.

’n Inspekteur van die nasionale departement was na bewering ook by haar huis, wat belowe het om werk te maak van die probleem.

Inmiddels het haar motor in die moeras vasgesit.

“Ek het noodgedwonge ingegryp en ’n plan gemaak,” het sy gesê.

Lees die volledige artikel in die volgende uitgawe van die koerant.

Related Articles

 
Back to top button