AfriForum se Standerton-tak het onlangs water aan die Kosmospark-gemeenskap verskaf nadat daar vir meer as ’n week geen watertoevoer beskikbaar was nie.
Standerton Oasis het 50 vyf-liter waterbottels geborg waarmee lede 250 liter skoon water vir die gemeenskap kon aflaai.
Taklede het nog byna 3 000 liter water uit hul huise in kleiner kanne getap en vir huishoudelike gebruik aan die gemeenskap verskaf.
Water is onder meer by Buffalostraat, Steenboksingel, Bonteboksingel, Wildebeessingel, Zebrasingel, Duikersingel, Dakotalaan en die Spritfire- en Meteorstegies by die Giant Kafee uitgedeel.
“Dit is ’n eer om die gemeenskap met sulke klein dade te kan ondersteun,” het mnr. Pieter Botha, takvoorsitter, gesê.
“Ons versoek die gemeenskap om aktief by die tak betrokke te raak omdat gewillige hande en ondersteuning sulke bydraes moontlik maak.”



