Local newsNews

PlaasJuppiefees beloof pret en vermaak vir almal

Fees skop reeds Vrydagaand, 26 April af

BETHAL – Jim van Tonderskool bied op Saterdag, 27 April hul jaarlikse PlaasJuppiefees by die skool aan.

Me. Rita Slabbert, een van die organiseerders van die fees, het gesê die fees is iets om na uit te sien. Dit bied iets vir oud en jonk en sal ‘n lekker familiefees wees.

Die fees skop reeds op Vrydagaand, 26 April met ‘n plaasdans af en van boerbrood tot biltong en bier sal beskikbaar wees.

Daar sal ook ‘n kontantkroeg wees

Die Kitaarkêrels gaan vir die musiek en vermaak sorg. Kaartjies kos R150 per persoon.

Die feestelikhede begin om 7vm die Saterdag met ‘n pretdraf en deelnemers gaan medaljes en ander pryse kry.

Daar gaan ‘n wye verskeidenheid kosstalletjies, asook ‘n teetuin wees.

Feesgangers kan hul eie stoele en sambrele saamneem om na die vertonings te kyk.

Daar sal ook genoeg vermaak vir die kinders wees in die vorm van perderitte, springkastele en speletjies, asook ‘n babakompetisie.

Toegang vir die fees is R30 per volwassene en hoërskoolleerder, R10 per laerskoolleerder en gratis vir seniorburgers en kinders jonger as ses jaar.

Vir meer inligting, skakel die skool by 017 647 5987 of stuur ‘n e-pos na plaasjuppiefees@gmail.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button